Local newsNews

Sing vir God

"Die hoofdoel was om die naam van ons Skepper saam met ander te verheerlik."

Randfontein Vriendskapstuiste het die afgelope naweek uit volle bors gesing om “die naam van God te verheerlik”.

Volgens een van die organiseerders van dié geleentheid, Johan Dreyer, was die doel van die geleentheid “om die naam van ons Skepper te verheerlik”.

“Die geleentheid was ook aangebied om die inwoners en gemeenskap te herinner van die tuiste se jaarlikse kermis wat op 30 Augustus sal plaasvind.”

Dreyer verduidelik dat verskeie sangers en selfs die Vriendskapstuiste-koor tydens die geleentheid opgetree het. Dreyer en sy dogter Zné het ook tydens die geleentheid ‘n item gelewer.

“Die dag was ‘n reuse sukses en ons bedank elke inwoner wat die oggend bygewoon het en elke sanger wat die gaste vermaak het,” vertel Dreyer.

Related Articles

Back to top button