NewsSchools

Rierand-toneelleerlinge maak geskiedenis

Groep die eerste om aan ATKV se Tienertoneelfees in Potch deel te neem.

Hoërskool Riebeeckrand se toneelleerlinge het onlangs geskiedenis gemaak deur glo vir die eerste keer ooit aan die ATKV se Tienertoneelfees in Potchefstroom deel te neem.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, het hulle toneelgroep en afrigter, Leona Esterhuyse op Dinsdag 5 Augustus Potchefstroom besoek om aan die fees deel te neem.

“Net die beste toneelgroepe word uitgenooi vir die prestige byeenkoms,” vertel Kruger.

“Die groot verhoog van die amfiteater laat vele groepe benoud voel, maar die groepe van Riebeeckrand het gewys dat hulle beslis op dié verhoog hoort.”

Hoërskool Riebeeckrand se toneel het ook tydens dié geleentheid met drie toekennings weggestap.

Dewald Britz en Danjue Neethling het elk ‘n individuele toekening vir hul puik rolspel verwerf, terwyl Johan Smith het ook met ‘n toekenning, vir die puik teks wat hy geskryf het, ontvang het.

“Baie geluk aan Juffrou Leona en haar groep toneelleerlinge. Julle het werklik Hoërskool Ribeeckrand trots gemaak,” vertel Kruger.

Kruger bedank ook vir Tayron Dempsey Sanet Smith vir hul rol in dié toneelgroep se sukses.

Related Articles

Back to top button