School sportSport

Rappies bied massalandloop aan

Laerskool Raportryer geniet hul jaarlikse massalandloop ter voorbereiding van die komende landloopseisoen.

Laerskool Rapportryer het onlangs hul jaarlikse massalandloop-geleentheid aangebied om hul landloopseisoen af te skop.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, het dié geleentheid aan die einde van Julie plaasgevind.

“Leerlinge van Graad 1 tot Graad 7 het aan dié geleentheid deelgeneem,” vertel Olivier.

Olivier sê verder dat Laerskool Rapportryer deur middel van dié massalandloop elke leerling die geleentheid bied om hul versteekte talente te identifiseer en te beoefen.

Laerskool Rapportryer se landloopspan is ook tydens dié geleentheid gekies en sal vanjaar in drie verskillende landloopligas meeding.

Gordon Taylor van Laerskool Rapportryer wens al die voornemende landlopers baie sterkte toe en glo dat hulle weer ‘n groot impak gaan hê op die komende landloopseisoen.

Related Articles

Back to top button