NewsSchools

Jannas toets hul musiekkennis

Hoërskool Jan Viljoen hou 'n interessante fondsinsamelingsprojek.

Hoërskool Jan Viljoen hou jaarliks verskeie fondsinsamelingsprojekte wat tot hul welsynsprojekte en verskeie ander inisiatiewe bydra. Vanjaar is daar besluit om ‘n Noot vir Noot-aand aan te bied.

Volgens die organiseerder van die prettige geleentheid, Magdie de Winnaar, was dit ‘n aand gevul met pret en hope glimlagte.

Sy vertel dat hulle dit vir die gemeenskap gereël het om so ‘n bietjie te ontspan en om terselfdertyd hul musiekkennis op die proef te stel.

Die feit dat dit ook tot hul fondsinsamelingsprojekte bydra was ook ‘n bonus.

“Die geleentheid het in Hoërskool Jan Viljoen se skoolsaal plaasgevind en verskeie onderwysers, leerlinge en lede van die gemeenskap het aan die pret deelgeneem,” vertel De Winnaar.

Sy sê dat die geleentheid al soveel aftrek van die gemeenskap geniet het dat hulle beslis weer spoedig so ‘n geleentheid sal reël.

“Ek kan nie genoeg dankie sê vir almal wat die aand so goed ondersteun het nie. Dit was weereens ‘n reuse sukses en almal teenwoordig het hulself gate uit geniet,” vertel De Winnaar.

Related Articles

Back to top button