Local sportSport

Teine in Goue Leeus-amateurspan

Vier spelers en afrigter van eerstespan maak geskiedenis na aankondiging.

Dit is ‘n besonderse jaar vir Randfontein Rugbyklub aangesien vier van die klub se eerstespanspelers en ‘n afrigter in die Goue Leeus Amateur Rugbyspan opgeneem is.

Volgens die voorsitter van Randfontein Rugbyklub, Boats Botha is dit die eerste keer in agt jaar wat ‘n Randfontein Rugbyklub-speler in dié span opgeneem word.

Teine se LJ van Heerden, Francois van Heerden, Rudi Marx en Herman van Eck is in die Goue Leeus Amateur Rugbyspan opgeneem terwyl Botha deel van die afrigtingspan is en spesifiek met die voorspelers sal werk.

“Dit is vir my ‘n groot voorreg en ek sien baie uit na die uitdagings wat dié posisie vir my inhou,” sê Botha.

“Ons almal by die klub is geweldig trots op dié manne en wens hulle alle sterkte toe vir die opkomende Interprovinsiale Amateur Toernooi,” sê Botha.

Die Interprovinsiale Amateur Toernooi sal van 18 tot 22 Augustus in Pietersburg plaasvind.

Tydens dié toernooi sal die Goue Leeus Amateur Rugbyspan kragte met ander provinsiale spanne meet soos die Valke, Pumas, Blou Bulle, Limpopo Bulle en die Griffins.

Related Articles

One Comment

Back to top button