NewsSchools

Twee Rierand-dansers om dop te hou

Twee van Hoƫrskool Riebeeckrand se top dansers staan uit tydens die Nasionale Hip-Hop Danskampioenskappe.

Twee van Hoƫrskool Riebeeckrand se top dansers, Leila Swanepoel en Bianca Jansen van Vuuren moet beslis dopgehou word in die toekoms.

Volgens die bemarker van Hoƫrskool Riebeeckrand, Rickus Kruger is beide diƩ leerlinge studente by Mario Gomes Hip Hop Dans Akademie.

“Dans is ā€˜n groot passie vir albei dogters en hul resultate wys dat hul harde werk in die dansateljee beloon word,” vertel Kruger.

Hy verduidelik dat vanjaar tot dusver ‘n groot jaar vir diĆ© dansers was.

Beide Leila en Bianca vorm deel van Mario se dansgroep, LXD en het vroeĆ«r vanjaar aan die Battle of the Giants danskompetisie deelgeneem wat by Sun City aangebied is. DiĆ© dansgroep het ‘n algehele tweede plek verower en het sodoende gekwalifiseer om aan die Suid-Afrikaanse Danskampioenskappe deel te neem.

“Die kampioenskappe het gedurende Junie in die Kaap plaasgevind waar LXD ‘n gouemedalje losgedans het,” vertel Kruger.

Hy sĆŖ dat Leila en Bianca op 21 Julie as deel van LXD aan die Gauteng Kampioenskappe deelgeneem het en weereens met die eerste plek weggestap het.

“Met al die puik prestasies, het Leila en Bianca ook vir die WĆŖreld Kampioenskappe gekwalifiseer,” vertel Kruger.

“DiĆ© kampioenskappe sal later vanjaar in Duitsland plaasvind. Baie geluk met julle puik prestasies en sterkte met julle voorbereiding vir julle volgende groot kompetisie.”

Related Articles

Back to top button