Opinion

Strate rondom Rapportryer ‘n nagmerrie

"Elke dag moet ons as ouers so versigtig wees."

Oral in Randfontein is die Randfontein Plaaslike Munisipaliteit besig om die paaie op te knap, maar steeds is die strate rondom veral Laerskool Rapportryer ‘n nagmerrie.

Elke dag moet ons as ouers so versigtig wees om nie ons voertuie te beskadig nie. Dit is byna onmoontlik om die verkeer, stilstaande voertuie en slaggate in die area te vermy wanneer mens die paaie gebruik. Die hoeveelheid slaggate in die area maak dit vir elke ouer onplesierig om hul kinders by die skool op en af te laai.

Kort voor lank gaan dié slaggate ‘n groot ongeluk veroorsaak. Ek doen dus ‘n beroep op die munisipaliteit om die slaggate te herstel voor dit op ‘n noodlotige ongeluk uitloop.

Related Articles

Back to top button