Local sportSport

Jukskeiklub bevorder die sport onder die jeug

Oud en jonk kom saam by Kosmos-klub om 'n potjie jukskei te geniet.

Kosmos Jukskeiklub as al vir meer as twee dekades deel van die Randfontein gemeenskap en het onlangs ‘n opedag aangebied om jukskei as ‘n sport in beide klub- en skoolverband te bevorder.

Volgens dié klub se voorsitter, Bertus Erasmus, het dié opedag op 26 Julie plaasgevind. Hy verduidelik verder dat Kosmos Juskeiklub van die geleentheid gebruik gemaak het om jonger spelers te ontwikkel en die ouer garde terug op die baan te kry.

“Die dag was ‘n reuse sukses en sowat 30 spelers het die dag saam kom geniet. Dit was ook die gulde geleentheid vir die onervare speler om meer oor die sport by die ouer spelers te leer,” vertel Erasmus.

Erasmus verduidelik dat skole en klubs van regoor die Wes-Rand die gelentheid bygewoon het.

“Die dag was ‘n reuse sukses en diegene wat die dag bygewoon het, het beslis baie oor die sport geleer. Ek glo dat die spelers almal ‘n groot impak op die sport sal hê in die toekoms,” vertel Erasmus.

Erasmus vertel dat dié klub op Dinsdae en Donderdae om 6nm bymekaar kom vir hul oefening.

Indien enigiemand by Kosmos Jukskeiklub wil aansluit, skakel gerus vir Bertus Erasmus by 084 701 7621.

Related Articles

Back to top button