NewsSchools

Jannas se hip-hop-sterre dans goud los tydens SA’s

Dansers ook nou gekies om in Duitsland deel te neem.

Drie van Hoërskool Jan Viljoen se hip-hop-dansers spog met hul Suid-Afrikaanse kleure in hul geliefde sportsoort.

Dit nadat hulle die Suid-Afrikaanse Hip-Hop Kampioenskappe gedomineer het en elkeen met ‘n gouemedalje teruggekeer het. Die kampioenskappe het tydens Junie in die Kaap plaasgevind.

Volgens Retha Rossouw, ‘n verteenwoordiger van Hoërskool Jan Viljoen is Veronique Rossouw, Kyle Grootboom en L’ray Wiese almal lede van die Mario Gomes Hip-Hop Dansakademie se LXD-groep.

“Dié drie leerlinge het as deel van Gomes se akademie aan die Nasionale Kampioenskappe deelgeneem,” vertel Rossouw.

“Met puik choreografie en ure se oefening agter die rug het LXD vir niemand teruggestaan nie en met ‘n algehele eerste plek tydens die kampioenskappe weggestap,” vertel Rossouw.

Volgens Mario Gomes, eienaar van Mario Gomes Hip-Hop Dansakademie is hy baie trots op dié leerlinge en wens hulle ook baie geluk met hul puik prestasies.

Gomes vertel verder dat Veronique, Kyle en L’ray saam met die res van die LXD-groep gekies is om in Duitsland deel te neem.

“Ongelukkig kos dit ‘n astronomiese bedrag geld vir die groep om daar te gaan deelneem. Daar is dus nog nie bevestig dat hulle die geleentheid gaan aangryp nie,” vertel Gomes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button