School sportSport

Jannas-netbal stel nie teleur tydens Bokkieweek

Drie spelers en 'n afrigter maak hul skool trots.

Hoërskool Jan Viljoen spog weer vanjaar met puik netbaltalent en het gedurende die afgelope skoolvakansie hul merk tydens die Afrikaanse Volkseie Sport Bokkieweek gemaak.

Dié sportweek het vanjaar in Naboomspruit plaasgevind. Volgens die organiseerder van vanjaar se Bokkieweek, Magdie de Winnaar, het Jannas drie netbalspelers in die Bokkieweekproewe gehad. Die spelers is Anja Esterhuizen (o.16), Ashley Cowan (o.14) en Jerolien van Jaarsveld (o.14).

“Anja en Ashley is in hul onderskeie ouderdomsgroepe as kaptein van hul span gekies,” vertel De Winnaar.

Sy vertel verder dat die spanne baie goed gevaar het.

“Die o.14- en o.16-netbalspanne het ‘n algehele vyfde plek uit die 16 deelnemende unies behaal.

Alhoewel daar slegs ‘n klein aantal netbalspelers uit Hoërskool Jan Viljoen gekies is, vertel De Winnaar dat die spelers van Jannas vinnig bande met spelers van ander skole soos Hoërskool Riebeeckrand en Hoërskool Dinamika moes vorm.

“Die spelers van die verskillende skole het vinnig ‘n hegte band gevorm en soos een man op die netbalbaan gestaan,” vertel De Winnaar.

“Ons is ook baie trots op ons Jannas-eerstenetbalspanafrigter Sylvia Maas wat die Bokkieweek se o.19-netbalspan afgerig het. Haar span is toe as naaswenners aangewys en Maas is ook gekies as die nasionale afrigter vir die o.19 Gazelle-netbalspan.”

De Winnaar bedank elke ouer wat hul kinders tydens die voorbereiding en die Bokkieweek ondersteun het asook Hoërskool Jan Viljoen wat hul busse beskikbaar gestel het om al die Bokkieweek-leerlinge na Naboomspruit te vervoer.

Related Articles

Back to top button