Opinion

Ons renjaers maak my trots

"Soveel renjaers in die dorp maak hul merk op die Sports en GT Motorsport-reeks."

Al van jongs af is ek ‘n groot motorsportliefhebber.

Ek woon ook al vir jare in Randfontein en was baie verbaas om in ‘n onlangse Randfontein herald te lees dat ons soveel renjaers in die dorp het wat hul merk op die Sports en GT Motorsport-reeks maak.

Ek lees gereeld die herald se stories aanlyn en het al van drie verskillende renjaers gelees en ek moet erken dat dit regtig lekker is om te sien dat Randfontein soveel motorsportmanne oplewer.

Ek is seker julle maak elke motorsportliefhebber in die dorp baie trots met julle vrugtevolle loopbane en ek sien uit om van julle toekomstige suksesse in die koerant te lees.

Related Articles

Back to top button