School sportSport

Ram-atlete blink uit tydens UJ-skouspel

Twee van Laerskool Randfontein wys hul staal tydens UJ-Landloopkampioenskappe.

Laerskool Randfontein (Ram) se langafstandatlete het onlangs aan die UJ Landloopkampioenskappe by Thaba Trails deelgeneem en uitgeblink.

Volgens die woordvoerder van Laerskool Randfontein, Annie Nolan het meer as 40 van Ram se atlete aan die kampioenskappe deelgeneem.

“Ons atlete het baie goed gevaar waar 16 van hulle onder die top 10 in hul verskillende ouderdomsgroepe geïndig het,” sê Nolan.

Ram spog ook met vyf atlete wat medaljes tydens die geleentheid verower het.

“Ons is baie trots op ons landloopatlete wat reg deur die jaar oefen en altyd aan hul fiksheid werk. Baie geluk met elk een van hulle,” het Nolan gesê.

Nolan en die personeel van Ram is veral trots op Devonique Breedt wat ‘n goud en Lelani Roodt ‘n bronsmedalje losgeslaan het. Beide het in die dogters o.11-afdeling meegeding.

Verder het Eztia Saunders en Zanika van Jaarsveld onder die top 10 vir dogters o.13 geïndig. Eztia het vyfde plek behaal, terwyl Zanika ‘n algehele agtste plek verower het. Die seuns het ook puik gevaar met Eunan Nortjé wat ‘n algehele sewende plek vir seuns o.9 behaal terwyl Harold Erasmus negende gekom het.

Deidré de Beer (o.9) het ‘n sewende plek behaal terwyl Arlien Outbier die agtste plek behaal het. In die dogters o.10-afdeling het Richelle van Jaarsveld ook ‘n algehele sewende plek verower met Michael Benade wat ‘n tiende plek verower het vir seuns o.10.

“Wian Wray en Max Knott-Craig het beide in die o.12 afdeling deelgeneem en onderskydelik ‘n agtste en sewende plek behaal,” vertel Nolan.

Werner Breytenbach het ook ‘n sewende plek vir seuns o.13 behaal terwyl Kewen Smit, Devonique Breedt, Lelani Roodt, Michaela Lubbe en Stefan Bezuidenhout almal medaljes ingepalm het.

Kewen het verder ‘n silver vir seuns o.10 ontvang waar Michaela met ‘n bronsmedalje vir dogters o.12 teruggekeer het.

“Stefan spog ook met ‘n brons medalje vir seuns o.13,” vertel Nolan.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button