Opinion

Wat word van Randfontein?

"Ek doen 'n beroep op die Randfontein-stadsraad om hul sokkies op te trek."

Ek kan nie glo dat Randfontein in so haaglike kondisie is nie.

Kort voor die verkiesing was Randfontein se plaaslike politieke partye vuur en vlam om ‘n verskil in die dorp te maak. Steeds is daar nie veel gedoen om hul beloftes na te kom nie.

Ja ek verstaan dat die plaaslike munisipaliteit in finansiële moeilikheid is, maar ons as belastingbetalers betaal maandelik ‘n astronomiese bedrag aan die munisipaliteit om probleme soos slaggate, straatlige ensovoorts aan te spreuk, maar dit lyk asof ons geld op ander dinge spandeer word.

Ek is bly om te sien dat die munisipaliteit wel ‘n poging aanwend om die slaggate te herstel, maar die is nie die enigste probleem wat Randfontein in die oë staar nie.

Daar is verstopte dryne, stukkende straatlige en swak diens van alle afdelings in die munisipaliteit.

Dit is die munisipaliteit se werk om dié probleme aan te spreuk, daarom doen ek ‘n beroep op die Randfontein-stadsraad om hul sokkies op te trek en hul werk te doen.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button