School sportSport

Twee rugbyspelers van Ram haal Goue Leeus

Khotso en Tiaan in o.12-span opgeneem.

Na ‘n suksesvolle rugbyliga is Laerskool Randfontein (Ram) trots op Khotso Segale en Tiaan Barnard wat onlangs in die Goue Leeus se o.12-rugbyspan opgeneem is.

Volgens Ram se woordvoerder, Annie Nolan het Laerskool Randfontein se rugbyseisoen onglangs tot ‘n einde gekom en kort daarna het die finale rondte van die Goue Leeus-rugbyproewe plaasgevind.

“Ons rugbyseuns het uitstekend gevaar,” het Nolan gesê.

Sy vertel verder dat slegs o.12- en o.13-spelers aan die proewe kon deelneem.

“Ons kan met trots sê dat nege van ons o.12-seuns en tien van ons o.13-seuns die Randwes rugbyproewe geslaag het en na die volgende rondte deurgedring het,” sê Nolan.

Tydens dié rondte proewe is ook vier van Ram se o.12- en twee van hul o.13-rugbysterre in die Wes-Randspan opgeneem.

“Ons is baie trots op dié leerlinge en wens hulle alle sterkte vir die toekoms toe,” het Nolan bygevoeg.

Related Articles

Back to top button