NewsSchools

Rappies skaak wen hul liga

Laerskool Rapportryer se o.11 skaakspan domineer hul liga.

Tydens die tweede skoolkwartaal het die skaakliga-wedstryde plaasgevind en Rappies se skaakspelers het hul liga domineer.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, het Laerskool Rapportryer se baie bekwame skaakspanne het teen skole soos Laerskool Randfontein, Randfontein Primary, Toekomsrus Primêr, Mohlakano Primary, Malerato Primary, Hartzstraat Primêr en Phandulwazi Primary meegeding.

“Die o.11 en o.13 spanne het baie hard geoefen en die o.11 skaakspan het die vrugte gepluk toe hulle as die Randfontein-ligawenners aangewys is,” vertel Olivier.

Sy vertel verder dat dié span gedurende die liga hul beste gegee het en hul afrigter Bets Booyzen is baie trots op hul prestasie.

Dié skaakspan bestaan uit Qraine Nel, Ricardo Esterhuizen, Daniëlle Groenewald, Aldré Groenewald, Francois Viljoen en Chanelle Groenewald.

“Die spelers gaan volgende kwartaal aan die top-skolefinale deelneem en ons wens hulle baie sterkte tydens hul voorbereiding toe,” vertel Olivier.

Related Articles

Back to top button