NewsSchool sportSchoolsSport

Riebeeckrand hokkie beleef puik seisoen.

Hoërskool Riebeeckrand se o.15 hokkiespan maak opslae tydens hul liga semi-finaal.

Hoërskool Riebeeckrand se o.15 hokkiespan beleef vanjaar ‘n puik seisoen en domineer elke wedstryd waarin hulle hulself bevind.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, het dié span onglangs in die semi-finaal van hul liga teen Hoërskool Florida kragte gemeet.

Kruger vertel verder dat die kragmeting op Krugersdorp High se sportgronde plaasgevind het.

“Die wedstryd is van die begin af baie vinnig gespeel en die spelers het puik vaardighede gewys maar aan die einde van 50 minute se speeltyd het Riebeeckrand as oorwinnaars uit die stryd getree en Florida met ‘n telling van 1-0 geklop,” vertel Kruger.

Nicole Wood het Riebeeckrad se enigste doel aangeteken en die ondersteuners in ekstase gehad met haar vaardighede op die dag.

“Ons almal by Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op die dogters en wens hulle geluk met hul puik prestasie,” vertel Kruger.

Related Articles

Back to top button