Local newsNews

Stadige groei in melkproduksie stel teleur

Hoë internasionale produksiekostes skep hoop vir plaaslike melkprodusente.

Melkproduksie tydens die eerste vier maande van 2014 is laer as in dieselfde periode in 2013, terwyl die invoere van melkprodukte steeds styg.

‘n Onlangse verslag deur die Melkprodusente Organisasie (MPO) wys dat produksie in 2014 met 0,01% gedaal het.

Volgens die MPO sal produksieprysstygings wat sedert Januarie aangekondig is nie noodwendig hoër produksiesyfers teen die somer tot gevolg hê nie.

Daar word egter verwag dat laer graanpryse die druk op melkprodusente effens sal verlig.

Die invoer van melkprodukte tussen Januarie en April 2014 het met 7% gestyg in vergelyking met invoer in 2013 terwyl uitvoere effens gedaal het.

Stygende internasionale pryse veroorsaak huidiglik hoër pryse vir ingevoerde melkprodukte wat beteken dat ingevoerde produkte heelwat duurder is as plaaslik vervaadigde produkte.

Internasionale suiwelpryse het gedurende 2013 en aan die begin van 2014 skerp gestuig en vandaar weer begin daal alhoewel die pryse steeds heelwat hoër is as aan die begin van 2013.

Produksieprysstygings vir die 2013/2014-seisoen in die wereld se grootste melkproduserende lande soos New Zeeland en Australië dui op ‘n uitbetaling NZ$ 8,65 per kilogram vir die 2013/14 season, gelykstaande aan sowatv R5,30 per liter in Suid-Afrika, alhoewel produksiepryse in Suid-Afrika heelwat laer is as die internasionale produksiepryse.

Dit is gelukkig nie alles slegte nuus vir die suiwelbedryf nie.

Die MPO het tydens ‘n onlangse raadsvergadering besluit om ‘n strategiese benadering te ontwikkel om beleggers na die plaaslike suiwelindustrie te lok en om moontlike uitvoergeleenthede te ondersoek.

Almal het saamgestem dat Suid-Afrikaanse melkprodusente meer en meer meededingend raak en dat rou melk huidiglik teen baie goeie pryse verskaf word.

Dit kan vir plaaslike melkprodusente deure oopmaak wat moontlike uitvoere na lande op die Afrika-kontinent en ander lande soos China en Indië betref.

Onlangse belangstelling deur China om in ‘n prosesseringsaanleg in Kwa-Zulu Natal te belê bevestig dit.

Die raad het ook in ag geneem dat internasionale suiwelprosesseerders moontlik hul besighede na Suid-Afrika sal wil uitbrei as gevolg van uitvoer moontlikhede wat deur die gunstige plaaslike produksiepryse moontlik gemaak word.

Vir meer hieroor, besoek die MPO webblad by www.mpo.co.za.

Related Articles

Back to top button