NewsSchools

Jannas en Rierand sê mekaar die stryd aan

Hoërskool Jan Viljoen en Hoërskool Riebeeckrand meet weer kragte tydens hul jaarlikse derby.

Hoërskool Riebeeckrand het op Saterdag 14 Junie die jaarlikse rugbykragmeting tussen Riebeeckrand Hoërskool Jan Viljoen aangebied.

Die dag het vroeg afgeskop met die o.14A en die o.15B spanne wat die dag se rugby begin het.

Jannas het beide dié wedstryde oortuigend gewen.

Die o.14A-wedstryd is met ‘n telling van 19 – 0 deur Jannas beklink terwyl die o.15B kragmeting met ‘n telling van 19 – 17 in Jannas se guns geëindig is.

Alhoewel beide skole baie goed gevaar het, het Hoërskool Jan VIljoen vyf van die ses wedstryde op die dag ingepalm en die manne van Riebeeckrand met hul hande in hul hare gehad.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, was die o.15A rugbyspan van Hoërskool Riebeeckrand die enigste span wat die manne van Jannas, met ‘n telling van 10 – 3 kon klop.

Verder het Jannas elke wedstryd tydens die geleentheid gedomineer.

“Ons pom-poms het ook tydens die geleentheid al die toeskouers met hul dansroetines vermaak,” vertel Kruger.

Hy vertel verder dat die dag in goeie gees plaasgevind het en dat spelers en toeskouers van beide skole die geleentheid baie geniet het.

Die volgende kragmeting van die dag was tussen die dié twee skole se tweede spanne en weereens het Jannas die wedstryd domineer.

Na 80 minute van puik spel het jannas met ‘n oorwinning van 26 – 7 gespog.

Die o.16 manne was volgende aan die beurt en hulle het gesorg vir ‘n baie strawwe wedstryd.

Jannas het dié kragmeting ook met slegs ‘n een punt verskil gewen. Die eintelling was 15 -14 in Jannas se guns.

“Na die o.16 spanne se wedstryd het die eerstespanne nader gestaan en het skouer aan skouer hul skoolliedere voor die paviljoen gesing,” sê Kruger.

“Die eerstespanne is ook voor die wedstryd aan die hoofde voorgestel,” vertel Kruger.

Na 80 naelbyt-minute, het Janna, Riebeeckrand se eerstes met ‘n 24 – 14 nederlaag terug paviljoen toe gestuur.

Related Articles

Back to top button