NewsSchool sportSchoolsSport

Riebeeckrand lewer topklas skopbokser op

Benjamin Mills van Hoërskool Riebeeckrand staan sy man in die skopboks kryt.

Benjamin Mills, ‘n graad 8 leerder van Hoërskool Riebeeckrand is die afgelope jaar deel van die MMA Kickboxing Klub in Carletonville.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand Rickus Kruger, het Benjamin onglangs aan die Great North Skopbokskampioenskappe deelgeneem.

“Dié was slegs sy tweede kampioenskappe en Benjamin het baie goed gevaar.

“Hy het in die liggewig en semi-professionele afdelings deelgeneem,” vertel Kruger.

Benjamin het tydens dié kampioenskappe ‘n bron smedalje in die liggewig afdeling verower en spog ook met ‘n welverdiende goue medalje in die semi-professionele afdelling.

“Met dié puik resultate het Benjamin die geleentheid gekry om Gauteng-Wes in die Suid-Afrikaanse Skopbokskampioenskappe te verteenwoordig,” vertel Kruger.

Kort na die Great North, het Benjamin aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deelgeneem en alhoewel hy nie in die top drie was nie, het hy steeds ‘n vierde plek in die Light Continious Fighting vir vegters onder 52 kilogram behaal.

“Die kompetisie was baie sterk maar Benjamin het sy man gestaan en is vir die Junior Nasionale Presidentespan gekies.

“Hy gaan tussen 6 en 14 September saam met die span na Italië toer,” vertel Kruger.

Related Articles

Back to top button