NewsSchools

Rappies hou redenaars kompetisie

Laerskool Rapportryer blink uit tydens die ATKV Redenaars kompetisie.

Laerskool Rapportryer spog met 13 van hul leerlinge wat onlangs aan die ATKV-Redenaarskompetisie deelgeneem het.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer Roleen Olivier, moes die senior deelnemers beide ‘n voorbereide en onvoorbereide toespraak lewer.

“Al was die onvoorbereide toesprake ‘n kommer, het dit die Rappies redenaars nie afgeskrik nie en het hulle steeds baie goed tydens die geleentheid presteer,” vertel Olivier.

Sy vertel verder dat dié kompetisie by Hoërskool Florida plaasgevind het.

“Die kompetisie was baie sterk, maar drie van ons leerlinge het uitstekend gevaar en vir hulself ‘n plek in die semi-finale van dié kompetisie verseker,” vertel Olivier.

Dié leerlinge is Jacques du Preez, Ashley Stewart en Christiaan Fourie.

“Ons almal by Laerskool Rapportryer wens dié leerlinge geluk met hul puik prestasies tot dusver en hou duim vas dat hulle net so goed in die toekoms sal presteer,” vertel Olivier.

Related Articles

Back to top button