Local newsNews

Skryf in vir die NG-Noord Bergfieswedren

As deel van NG- Randfontein Noord gemeente se 50ste bestaansjaar feesvieringe, bied dié gemeente nou die gemeenskap die geleentheid om in te skryf vir hul bergfietswedren.

Die NG Kerk, Randfontein Noord gemeente in samewerking met Lenmed Health bied op Saterdag, 31 Mei, ‘n bergfietswedren by Sleepy River lodge in Magaliesburg aan en nooi alle fietsryers in die gemeenskap om dié geleentheid by te woon.

Volgens die organiseerder van dié wedren, Koekoes Cordier, het hulle dit goedgedink om die geleentheid te reël as deel van hul 50ste bestaansjaar feesvieringe.

“Die geleentheid beloof om groot pret vir oud en jonk te wees. Daarom doen ons ‘n beroep op fietsryliefhebbers in die gemeenskap om in te skryf en die geleentheid saam met ons te kom geniet,” vertel Cordier.

Cordier verduidelik dat daar ‘n 60 kilometer en ‘n 30 kilometer wedren op die dag sal plaasvind.

Sy vertel verder dat daar ook ‘n vyf kilometer pretrit vir die jongklomp sal wees.

Inskrywings vir die wedren beloop R150 per persoon vir die 60 kilometer wedren terwyl inskrywings vir die 30 kilometer wedren R100 per persoon is.

“Die kinderwedren, van vyf kilometer se inskrywingskostes beloop R50 per persoon,” vertel Cordier.

Inskrywings kan aanlyn, by www.cyclelab.co.za gedoen word.

Daar sal ook op Donderdag, 29 Mei by Cyclelab in Little Falls registrasies behartig word.

Die registrasies kan vanaf 12nm tot 5nm gedoen word.

“Ons sal ook vir die plaaslike ryers op Vrydag 30 Mei die geleentheid gee om te registreer.

“Dié registrasies sal vanaf 3nm tot 7nm hy Randfontein High School behartig word,” vertel Cordier.

Diegene wat nie by een van die registrasiesessies of aanlyn kon inskryf nie, sal ook op die dag van die wedren by Sleepy Rivers ‘n geleentheid kry.

Sy vertel verder dat daar groot pryse op die spel is en een gelukkige persoon kan selfs ‘n fiets ter waarde van R7 000 in hul gelukkige trekking wen.

Alhoewel Lenmed Health die hoofborg van die geleentheid is, is daar ook talle ander borge betrokke.

Cordier en haar span bedank elke borg wat hulle so goed tydens die geleentheid bystaan.

“Fietsryers en hul families kan ook na afloop van die wedren verskeie lekkernye en kosstalletjies op die perseel besoek en sommer lekker saam kuier.

“Die wedren sal om 8vm afskop,” vertel Cordier.

Vir meer inligting, skakel gerus vir Koekoes Cordier by 083 442 5502.

Related Articles

Back to top button