NewsSchools

Rappies koor deel die verhoog met SA sterre

Laerskool Rapportryer se skoolkoor geniet die herinneringe van Broadway tydens 'n optrede saam Corlea Botha en Tobi Jooste.

Laerskool Rapportryer se skoolkoor en Hoërskool Jan Viljoen se sanggroep het onglangs die voorreg gehad om saam met twee van Suid-Afrika se groot name in die musiekbedryf op te tree.

Volgens die skakelbeamte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, het Rappies se 80 koorlede saam met Tobi Jooste en Corlea Botha die verhoor gedeel tydens hul optrede by Hoërskool Jan Viljoen.

“Die aand se tema was Memories from Broadway en verskeie liedjies van Broadway is tydens die geleentheid gesing,” vertel Olivier.

Liedjies soos The Sound of Music, Climb every mountain, Eidelweiss, Phantom of the Opera, en ‘n huldeblyk aan Abba was beslis bo aan die lys van pragtige liedere.

Volgens Beverley Brandt, die koorleier en afrigter van Laerskool Rapportryer se koor het die Rappies koorlede hulle puik gedra en was dit vir elkeen van hulle ‘n groot voorreg en eer om saam met dié kunstenaars op te tree.

Olivier vertel ook dat die Rappies koor reeds besig is om voor te berei vir hul volgende optrede saam met Dewald Wasserfall wat later vanjaar sal plaasvind.

Related Articles

Back to top button