Local newsNews

Wees deel van die gesamentlike Hemelvaartdiens

Die Ekumeniese Forum van Randfontein nooi alle kerke en lede van die gemeenskap om hul gesamentlike Hemelvaartdiens by NG Kerk, Randfontein Noord by te woon.

Die Ekumeniese Forum van Randfontein bied ‘n gesamentlike Hemelvaartdiens by die NG Kerk, Randfontein Noord aan en nooi die gemeenskap en alle kerke om die geleentheid by te woon.

Volgens die voorsitter van dié forum Pastoor Abrie Erasmus, sal die geleentheid op Donderdag 29 Mei om 7nm afskop en beloof dit om weereens ‘n geseënde aand te wees.

“Ons doen ‘n beroep op alle kerke en gemeenskapslede om die aand by te woon en saam met ons, ons Here se Hemelvaart te vier,” vertel Abrie.

“Die Hemelvaartdiens is een van verskeie Ekumeniese Forum aksies en ek is oortuig daarvan dat dié geleentheid net soveel sukses en seën sal geniet soos ons jaarlikse dorpdiens.”

Vir enige verdere inligting of navrae, skakel gerus vir Abrie Erasmus by 083 252 0396.

Related Articles

Back to top button