NewsSchools

Rierand lewer Gauteng Netbalspeler op

Hoërskool Riebeeckrand is trots op nog een van hul kranige netbalspelers wat in die Gauteng Netbal oefengroep opgeneem is.

Twee van Hoërskool Riebeeckrand se netbalspelers het onlangs aan die Gauteng Netbalproewe deelgeneem.

Beide van hulle het uitstekend gevaar en een van dié spelers Demi Mac Vay, is in die Gauteng-oefengroep opgeneem.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand Rickus Kruger, het die Gauteng Netbalproewe by Hoërskool EG Jansen in Boksburg plaasgevind.

“Cherise Nieuwoudt – o.15 en Demi Mac Vay – o.14 het aan die proewe, waar al die beste junior dogters van reg oor Gauteng hul staal moes bewys, deelgeneem” vertel Rickus.

“Cherise en Demi het hul harte uitgespeel en gewys dat hulle belowende spelers is en beslis ‘n plek in die oefengroep verdien.”

Demi Mac Vay is tydens die geleentheid vir die o.14 Gauteng netbaloefengroep gekies.

“Dit is werklik ‘n besonderse prestasie en ons almal by Hoërskool Riebeeckrand is waarlik trots op Demi,” vertel Rickus.

Related Articles

Back to top button