NewsSchools

Ram leerlinge leer hoe om te stem

Leerlinge van Laerskool Randfontein leer meer oor stemprosedure gedurende die erste stemdag by Laerskool Randfontein.

Landswyd loop verkiesingskoors hoog en Laerskool Randfontein (Ram) se leerlinge het ook die geleentheid gekry om hul kruisies te trek en sodoende meer oor die stemprosedure te leer.

Die skoolhoof van Laerskool Randfontein, Leon Haupt, verduidelik dat dié die ideale geleentheid is om aan die leerlinge te verduidelik waaroor ‘n verkiesing gaan en watter prosedures gevolg word.

Baie van Ram se leerlinge sal reeds in die hoërskool wees tydens die verkiesing in 2019.

Verkiesingsdag by Ram het op 6 Mei plaasgevind.

Die leerlinge is ingelig oor die korrekte verkiesingsprosedure en het self deelgeneem aan die aksie.

Dit was groot pret om in die ry te gaan staan, ‘n swart kol op die linkerduim te kry en daarna ‘n stembrief in ontvangs te neem.

Min het hulle geweet waarvoor daar gestem gaan word.

“Met die oopmaak van die toegevoude stembriewe het hul ogies behoorlik geblink,” vertel Ram skakelbeampte, Annie Nolan.

“Die Graad 1 tot Graad 3 leerlinge het gestem vir hul gunsteling troeteldier, terwyl die Graad 4 en Graad 5 leerlinge vir hul gunsteling sportsoort en die Graad 6 en Graad 7 leerlinge vir die hoërskool waarheen hulle sal wil gaan gestem het.”

Die geleentheid was vir elke leerling groot pret en baie leersaam om aan die heel eerste volwaardige stemdag in Ram deel te neem.

Related Articles

Back to top button