NewsSchool sportSchoolsSport

Rappies spog met D2 Netbalspeler

Laerskool Rapportryer is baie trots op Nicole Stewart wat onglangs in die o.13 D2-Netbalspan opgeneem is.

Randgate — Een van Laerskool Rapportryer se kranige netbalspelers Nicole Stewart, het tydens die afgelope D2-Netbalproewe kop en skouers bo haar opponente uitgestaan en sodoende vir haarself ‘n plek in die o.13 D2-netbalspan verseker.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, het Nicole baie goed tydens die proewe gevaar en gewys dat sy beslis ‘n aanwis vir die D2-Netbalspan sal wees.

“Nicole werk baie hard om op die netbalbaan te presteer en is tans besig met haar voorbereiding vir die opkomende Gauteng Netbalproewe wat by Hoërskool EG Jansen sal plaasvind,” vertel Roleen.

“Ons almal by Laerskool Rapportryer is baie trots op Nicole en wens haar alle sterkte toe vir die Gauteng Netbalproewe.

“Ons weet dit sal met jou goedgaan.”

Related Articles

Back to top button