Local newsNews

Wen kaartjies na Juanita konsert

Vyf gelukkig lesers kan elk twee kaartjies na Suid-Afrika se eie platinumprinses se konsert by die Fochville Burgersentrum op 22 Mei wen.

Inskrywings vir die Randfontein herald se Juanita du Plessis-kompetisie stroom steeds in.

Vyf gelukkige lesers kan elk twee kaartjies na Suid-Afrika se eie platinumprinses se konsert by die Fochville Burgersentrum op 22 Mei wen.

Al wat jy hoef te doen om in aanmerking vir dié prys te kom, is om in die kommentaarboksie hieronder vir ons te vertel wat is jou gunstelling Juanita-liedjie en waarom.

Die organiseerders van dié kompetisie bied ook vir herald-lesers ‘n spesiale afslag op kaartjies na dié vertoning aan.

Die normale kaartjieprys beloop R100 per persoon, maar herald-lesers kan nou kaartjies kry teen slegs R80 per kaartjie.

Om jou spesiale-aflsagkaartjies te bestel, kontak gerus vir André Kilian by Mad Events op 082 578 7855.

Inskrywings sluit op 16 Mei en die kompetisiewenners sal op Dinsdag 20 Mei in kennis gestel word.

So stuur nou jou inskrywing in om Juanita in aksie op die verhoog te sien.

Related Articles

12 Comments

  1. Ek hou van haar liedjie: Houtkruis. Dit laat mens onthou, wie het gesterf vir ons sondes

  2. My gunsteling liedjie is mengelmoeskardoes want op daai song dans mens lekker sing kliphard saam en verander enige slegte dag in ‘n awesum dag! Mal verby oor al haar songs! Het elke cd en dvd mis nie een nie. Wooohooo groot fan

  3. Volmaakte kring. Dit gee my insperasie. Ekt die oomblik wat ek die song hoor ht dit my aan my man gespeel.

  4. My gunsteling liedjie van jaunita du plessis is n ou bekende, Daddy. Die liedjie laat my baie terug dink aan my pa wat onlangs oorlede is. Hy is en was ons almal se lewe.

  5. Houtkruis = Want vir my is niks onmoontlik by my by ons GOD nie! I serve an awesome GOD!

  6. Op die oomblik is dit,”Ek Sal” duet met Theunes Jordaan. Jy voltooi my, ag hoe kies mens almal is so mooi!!

  7. Vlieg hoog, dit is vir my ‘n baie mooi liedjie en hou eintlik van al haar musiek, maar die liedjie is bo-aan my lysie.

  8. Dag boek van ‘n ma dit is ‘n liedjie wat ek vir my ma gespeel het laas jaar op moeders dag en van ek dit vir haar gespeel het beteken die liedjie baie vir my

  9. Oud word saam met jou , dit was ons trou liedjie en juanita se liedjies raak my hart aan

  10. Alles wat n kind wil he. Daai woorde is net so perfek en ek is rerig n kind wat dit alles van my ma af wil he sys my rolmodel my alles! Elke sondag gaan sing ons by plekke vir fun dan sing ek hom vir ha en ek roep ha dat sy langs my staan want die lietjie se alles vir n ma en ek is lief vir my ma dankie vir alles!

Back to top button