Opinion

Begraafplaas lyk walglik

Tweedens, na al die reën wat Randfontein geniet het, sak baie van die grafte in en die munisipaliteit sal nie eers die moeite doen om die gate op te vul nie.

• Marietjie Niewenhuizen van Randfontein skryf:

Ek kan nie glo die munisipaliteit se dienste het so verswak ten opsigte van ons plaaslike begraafplaas nie.

Die tuingedeelte is veronderstel om die beste deel van die begraafplaas te wees, maar dit is blykbaar nie die geval nie. Die plek lyk pateties.

Mense begrawe hul geliefdes daar en moet gereeld dié plek besoek, maar deesdae lyk dit soos ‘n oerwoud en nie ‘n begraafplaas nie.

Eerstens is daar op die meeste van die grafte nie eers nommers nie, maar mense wat nog na ons geliefdes begrawe is, het grafnommers. Dit is verregaande om te dink dat daar so min aandag aan die instandhouding van die begraafplaas geskenk word.

Tweedens, na al die reën wat Randfontein geniet het, sak baie van die grafte in en die munisipaliteit sal nie eers die moeite doen om die gate op te vul nie.

Ek kan regtig nie glo dat die plek net so gelos word nie.

Related Articles

Back to top button