NewsSchools

Rappies kies hul skaakspanne

Laerskool Rapportryer se skaakspelers oefen al sedert Februarie en sien uit na die komende liga.

Rappies se skaakleerlinge is al sedert Februarie hard aan die oefen en is slaggereed vir die skaakliga.

Na ure se uitspeelwedstryde hul skaakafrigter, Bets Booyzen, twee spanne gekies wat aan dié liga sal deelneem.

Roleen Olivier van Laerskool Rapportryer sê daar is ‘n o.11- en o.13-skaakspan gekies.

“Elke speler in die twee spanne wat in die tweede kwartaal aan die skaakliga deelneem, is baie opgewonde,” vertel Roleen.

Die o.11-span bestaan uit Q’raine Nel, Ricardo Esterhuizen, Daniëlle Groenewald, Aldré Groenewald, Francois Viljoen en Chanelle Groenewald.

Janko Conradie, Luke Myburgh, Daneïl Kotzé, Tiaan Wilken, Teodoir van Staden en Michael van Rooyen is almal in die o.13-span.

“Daar vind ook in die derde kwartaal ‘n individuele skaakbyeenkoms plaas waartydens ‘n aantal leerlinge gekies gaan word om individueel deel te neem,” vertel Roleen.

“Ons almal by Laerskool Rapportryer wens dié groep leerlinge geluk en sterkte toe vir die komende skaakliga.”

Related Articles

Back to top button