NewsSchools

Hoërskool Riebeeckrand-redenaars is tops

Hoërskool Riebeeckrand se redenaarsgroepe skop hul jaar op 'n hoë noot af.

Hoërskool Riebeeckrand se kultuurbedrywighede het weereens die jaar teen ‘n stewige tempo begin met die goed voorbereide redenaarsgroepe wat pragtige prestasies behaal het.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, het die Graad 9-groep onlangs by Greenside High gaan deelneem, terwyl die Graad 10-groep hul stempel by King David Victory Park afgedruk het.

“Die Graad 11-groep het by Rand Park High deelgeneem en ook baie goeie terugvoering gekry,” vertel Rickus.

Die Graad 9-redenaarsgroep, wat uit Nicole Wood, Rethabile Sheka, Dewald Naudé en Cherise Nieuwoudt bestaan, het ‘n A tydens hul kompetisie verower terwyl die Graad 10-groep ‘n B+ gekry het. Laasgenoemde groep bestaan uit Monique Crafford, Dawie Viljoen, Kristen Pienaar en Istvan Nieuwoudt.

“Die Graad 11-groep het ook ‘n A verower en bestaan uit Shenike Olivier, Martinet Theunissen, Angelique Kotze en Nicole Levy,” vertel Rickus.

“Baie geluk aan die groepe met die puik prestasies. Julle het net weer gewys dat ons een van die top kultuurskole aan die Wes-Rand is.”

Related Articles

Back to top button