Opinion

Rommelverkoping ‘n verrassing

Ek het dadelik besluit om die inisiatief te ondersteun en het sommer talle oulike artikels gekoop.

• Betsie Opperman van Randgate skryf:

Ek en my vriendin het gedurende Februarie die Randpoorttuiste se rommelverkoping bygewoon. Ek het nog nooit so ‘n mark bygewoon nie, maar was altyd nuuskierig om te sien wat daar gebeur.

Tydens die rommelverkoping het ek met van die inwoners van Randpoorttuiste gesels en uitgevind dat al die artikels wat by die verkoping beskikbaar is, artikels is wat die inwoners van die tuiste uitgegooi het of dat baie van dit skenkings is wat die tuiste geen nut voor het nie.

Ek was regtig verbaas om te sien hoeveel interessante items tydens die geleentheid beskikbaar was en boonop is dit teen weggeepryse aan die publiek beskikbaar gestel.

Ek het dadelik besluit om die inisiatief te ondersteun en het sommer talle oulike artikels gekoop.

Die tuiste hou blykbaar die rommelverkopings op ‘n gereelde basis en ek sal die geleentheid beslis vir al die inwoners van Randfontein aanbeveel.

Nie net kry jy die geleentheid om nuwe goedjies aan te koop nie, maar jy help ook die tuiste om hul finansies the verbeter.

Dit is nou ‘n wen-wen situasie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button