Opinion

Wat ‘n lekker kuierplek

Daar is 'n heerlike swembad vir die kinders en baie plek om rond te hardloop en te baljaar. Wat dit alles soveel beter maak is al die kos en versnapperinge op hul spyskaart is baie goedkoop.

• Dewald Lottering van Randfontein skryf:

My een vriend het my onlangs vertel van Droogeheuwel Venue. Ek het nie geweet die plekkie bestaan nie, maar volgens my vriend is dit werklik ‘n lekker plek om die dag saam met jou familie en vriende te spandeer.

Ek en my vrou het verlede naweek ons kinders in die kar gelaai en besluit om te gaan kyk wat by dié plekkie aangaan.

Toe ons daar aankom het ek en my vrou dadelik geweet, ons gaan sommer nog baie hier kom kuier.

Daar is ‘n heerlike swembad vir die kinders en baie plek om rond te hardloop en te baljaar. Wat dit alles soveel beter maak is al die kos en versnapperinge op hul spyskaart is baie goedkoop.

Ons het sommer besluit om die middag daar te eet. Dit was heerlik.

My kinders het hulself gate uit geniet en ons ete, drinkgoed en brandstof tot by Droogeheuwel het ons aansienlik goedkoper uitgewerk as om te gaan fliek en uiteet.

Related Articles

Back to top button