EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Connies geniet ‘n suksesvolle oggendtee

Die Connie Muldersenturm spog weer met 'n suksesvolle oggendtee as deel van hul jaarlikse fondsinsamellingsprojekte.

Die Connie Muldersentrum het weer op 15 Maart hul jaarlikse oggendtee aangebied en met sowat 200 mense wat die geleentheid bygewoon het, was die geleentheid weereens ‘n reuse sukses.

Volgens die voorsitter van die Sentrum, Bea Botha, het die geleentheid soos oudergewoonte by die sentrum plaasgevind.

Sy vertel verder dat die oggendtee weer ‘n fondsinsamellingsprojek vir die Connie Muldersentrum was en dat elke persoon wat die geleentheid bygewoon het, bygedra het tot die sukses van die dag.

“Ons het weer vanjaar van Randfontein se top kunstenaars gehad wat die gaste met hul sang- en- danstalent vermaak het,” vertel Bea.

Een van die kunstenaars was ‘n graad 10 leerling van Hoërskool Riebeeckrand, Dawie Viljoen, wat vir die gaste twee liedjies gesing het.

Die hoogtepunt van die dag was ‘n optrede deur Marli AKA Chrismarché en haar counntry lyn dansers.

“Marli is al reeds vir ‘n geruime tyd in die musiekbedryf en spog al met drie CDs wat die lug gesien het. Sy het ook al verskeie radio onderhoude gehad en haar nuutste musiek video is tans op KykNet Musiek te sien,” vertel Bea.

Elkeen teenwoordig het die geleentheid baie geniet en sommer lekker saam gekuier en ‘n heerlike ontbyt geniet.

“Ek bedank graag elke lid van die gemeenskap wat ons sentrum so goed ondersteun. Dit is vir my ‘n riem onder die hart om te sien hoe mense nog hul harte teenoor nie-winsgewende organisasies oopmaak. Julle maak beslis deel van die sukses agter die Connie Muldersentrum,” vertel Bea.

Related Articles

Back to top button