EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Geniet ‘n aand van musiek saam met Tobi en Corlea

Die Randfontein gemeenskap kan uitsien na ‘n aand vol vermaak wanneer Tobi Jooste en Corlea Botha in Randfontein optree.

Randfontein inwoners kan nou hulle sitplek bespreek en lekker saam met twee van Suid-Afrika se topkunstenaars, Tobi Jooste en Corlea Botha kom kuier.

Volgens die organiseerder van dié geleentheid, Marthie Griffiths, is hulle baie bevoorreg om die twee kunstenaars se optrede op 24 April aan te bied.

Mathie vertel dat die geleentheid by Hoërskool Jan Viljoen sal plaavind.

Die konstert sal om 6.45nm afskop en beloof om ‘n onvergeetlike aand te wees.

“Die tema van die produksie is ‘Memories of Broadway’ en die vertoning sluit duette en solo vertonings deur beide Tobi en Corlea in,” vertel Marthie.

Tydens die geleentheid kan die gemeenskap uitsien na die grootste treffers uit wêreldbekende musiekblyspele soos Chicago, Mama Mia, The Lion King, Beauty and the Beast, The Sound of Music, Aladdin, Grease, Cats, Chess, en Phantom of the Opera.

Marthie vertel verder dat die program so saamgestel is dat die sanggroep van Hoërskool Jan Viljoen asook die koor van Laerskool Rapportryer wat deel is van die aand.

“Die kore word die geleentheid gebied om van die mooiste en bekendste melodieë saam te sing en te deel in die wêreldroem van musiekblyspele,” vertel Marthie.

Benewens hul uitsonderlike musiek sal die skreeusnaakse Tobi en pittige Corlea die gehore ‘n kyk gee na die ligter kant van sanger wees.

“Beide kunstenaars het reeds hul merk in die musiekbedryf gemaak en die samevoeging van hul sjarme en sangtalente op een verhoog beloof om gehore te laat smag na meer,” vertel Marthie.

Kaartjies vir dié geleentheid beloop tussen R120 en R180 per persoon.

Vir enige navrae, kontak vir Marthie by 082 456 7378 of Retha Naude by 079 693 9156.

Related Articles

Back to top button