NewsSchools

Ram vier Menseregtedag

Laerskool Randfontein geniet Menseregtedag deur snaaks aan te trek en hul hare woes te maak as deel van hul liefdadigheidsprojek.

Laerskool Randfontein het besluit om vanjaar Menseregte dag te vier deur terug te gee aan die gemeenskap.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Randfontein, Annie Nolan, was die tema vir die dag ‘Bad Hair day’.

“Die personeel en leerlinge het snaaks aangetek en hul hare woes deurmekaar gekrap.

“Meeste van ons het gelyk of ons verslaap het en nie die haarborsel kon kry nie,” vertel Annie.

“Dit was groot pret en het baie gees onder die Rammies geskep.”

Al die wilde woeste hare het in ‘n kompetisie teen mekaar deelgeneem.

Daar is ‘n seuns- en ‘n dogterswenner in elke klas gekies, wat aan die finale kompetisie deelgeneem het.

Tydens die finale kompetisie het Diane Matthews ‘n wenner in elke graadgroep gekies.

Die Wilde Woeste Hare wenners is Wikus Broodryk, Vito Pestana, Tyllin Barnard, Zayd Joubert, Elandre Obermeyer, Tiane Taljard, Isabel Brits, JJ Joubert, Anri Geldenhuys, Zian Nel en Dane van Dyk.

“Baie geluk aan al die Rammies wat deelgeneem en gewen het.

“Julle het die dag baie spesiaal gemaak,” vertel Annie.

Die leerlinge het almal niebederfbare voedsel soos blikkieskos en sop geskenk as deel van die geleentheid.

Dié voedsel wat ingesamel is gaan aan die plaaslike sopkombuise geskenk word.

“Ons besef nie elke dag hoe geseënd ons is nie.

“Die hoof en personeel van Ram voel dit is belangrik om goeie waardes vir die leerlinge aan te leer, soos mededeelsaamheid en liefdadigheid.

“Daarom was dié geleentheid ‘n groot sukses,” vertel Annie.

Related Articles

Back to top button