NewsSchool sportSchoolsSport

Lizerie haal SA Landloop span

Lizerie Ferreira van Hoërskool Riebeeckrand spog met 'n plek in die Suid-Afrikaanse Landloopspan.

Hoërskool Riebeeckrand is trots om te kan sê dat hul hoofdogter, Lizerie Ferreira, ‘n Springbok landloopatleet is.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, is Lizerie aan die einde van Januarie uitgenooi om aan die Nasionale Landloopproewe deel te neem.

Dié geleentheid het by die Botansiese Tuine in Pretoria plaasgevind.

“Net die beste landloopatlete van regoor ons land is uitgenooi om by die proewe te kan hardloop en net die eerste ses plekke het vir die SA-span gekwalifiseer,” vertel Rickus.

Lizerie gaan later hierdie jaar deelneem en Suid Afrika verteenwoordig by die Afrika-Kampioenskappe wat in Uganda plaasvind.

Sy het al reeds twee keer haar Sprinbokklere vir atletiek verwerf, maar vanjaar is die eerste keer dat Lizerie dit vermag om haar Springbokklere in landloop te verower.

“Ons almal by Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op Lizerie en wens haar alle sterkte toe vir haar voorbereiding vir die Afrika-Landloopkampioenskappe,” vertel Rickus.

Related Articles

Back to top button