Local sportSport

Randfontein Hokkieklub groei van krag tot krag

Randfontein Hokkieklub is tans hard aan die oefen ter vorbereiding van die opkomende hokkieliga en groei steeds van karg tot krag.

Randfontein Hokkieklub is al reeds vir die afgelope maand volstoom besig met voorbereiding vir die opkomende hokkieseisoen en is trots om te kan sê dat dié klub vanjaar weer talle nuwe lede gekry het.

Volgens die voorsitter van die Randfontein Hokkieklub, André Croucamp, streef die klublede daarna om vanjaar op hul suksesse in 2013 voort te bou.

“Die Randfontein Hokkieklub se seunsspanne het gedurende 2013 in hul onderskeie ligas ‘n algehele tweede plek behaal en sal dus vanjaar in ‘n sterker liga meeding,” vertel André.

“Aangesien ons almal ‘n groot liefde vir hokkie deel, nooi ons alle hokkieliefhebbers in die gemeenskap om saam met ons dié sport in klubverband te kom beoefen.”

Hy vertel verder dat talle nuwe lede vanjaar by die klub aangesluit het en deel sal form van die spanne wat in die opkomende liga sal meeding.

Volgens die spelerverteenwoordiger van die klub, Duane Koekemoer, het hulle die klub reeds in 2012 gestig, maar eers in 2013 die eerste keer aan n ligakompetisie deelgeneem.

Die liga staan as die Suid-Gauteng Hokkieliga bekend.

“Ons het al reeds in Februarie met oefening begin en sien baie uit na die jaar wat voorlê. Ons doen steeds ‘n beroep op hokkiespeler in die gemeenskap om by die klub in te skakel,” vertel André.

Volgens André, het hulle dit vanjaar goedgedink om verskeie hokkieklinieke vir laerskoolleerlinge aan te bied.

Hy vertel dat dié klinieke op 8 Maart om 9vm sal afskop.

“Op dié wyse leer ons die jonger spelers om ‘n liefde vir die sport te ontwikkel,” vertel André.

Die klinieke sal op Hoërskool Riebeeckrand se sportgronde plaasvind.

Vir meer inligting rondom die klub, skakel gerus vir André Croucamp by 083 313 3393 of besoek hul facebook-blad by Randfontein Hockey Club.

Related Articles

Back to top button