EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Kom kuier saam met Dillon Lerm

Kom geniet 'n aand van heerlike kos en vermaak uit die boonste rakke saam Dillon Lerm tydens sy optrede by die Hervormde Kerk, Midpark gemeente.

Die gemeenskap van Randfontein kan uitsien na topklas vermaak wanneer Dillon Lerm op 7 Maart by die Hervormde Kerk, Midpark gemeente optree.

Dillon is al vir ‘n geruime tyd in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf besig en is bekend vir sy oorspronklike liedjies soos ‘Emma’s Song’, ‘Herklaas’ en ‘Net jy’ om ‘n paar te noem.

Die aand beloof om ‘n hoogtepunt op dié gemeente se kalender te wees en is beslis ‘n aand wat die gemeenskap saam die Midpark gemeente moet deel.

Kaartjies vir die geleentheid beloop R100 per persoon en sluit ‘n heerlike ete in.

Diegene wat die geleentheid wil bywoon is ook welkom om hul eie drinkgoed saam te bring.

Die optrede sal op 7 Maart om 7nm afskop.

Vir meer inligting of kaartjie besprekings, skakel gerus vir Elize Coetzee by 074 561 5385 of vir Chrissie Munnik by 011 692 3236.

Related Articles

One Comment

  1. Dillon Lerm is die mees geliefde sanger wat ek ken Baie plat op die aarde mens mens Hy het altyd tyd om met die mense om hom n geselsie aan te knoop of jy een van sy aanhangers is al dan nie. Baie gelowig Ons as sy aanhangers sal uit ons pad gaan om hom te ondersteun. Hy is baie op aanvraag reeds heeltemal vol bespreek vir 2014 Doen so voort Dimpels Dillon Lerm

Back to top button