EntertainmentLifestyleLocal newsNewsSchools

Geniet ‘n aand saam met Danie Botha

Geniet 'n aand saam met een van Suid-Afrika se top gospel sangers, Danie Botha, tydens sy optrede by AGS Randfontein gemeente.

Randfontein Christian Academy (RCA) bied die gemeenskap weer die geleentheid om een van Suid-Afrika se top gospelsangers op die verhoog in aksie te sien wanneer Danie Botha in Randfontein kom kuier.

Volgens die organiseerder van die geleentheid, Sonja van Tonder, sal die optrede weer ten bate van Randfontein Christian Academy wees.

“Dit beloof om ‘n onvergeetlike aand te wees en daarom nooi ons die hele gemeenskap om saam ons die aand te kom geniet,” vertel Sonja.

Danie Botha is al reeds vir jare lank deel van die Afrikaanse musiekbedryf en het verskeie treffers soos, ‘Wenners wenners wenners’, Ek kan’ en nog vele meer die lig laat sien.

Diegene wat sy vertoning bywoon kan ook daarna uitsien om dié treffers tydens die optrede te hoor.

Danie Botha sal op 21 Februarie by die AGS gemeente in Randgate plaasvind. Die vertoning sal om 7nm afskop.

Kaartjies vir die geleentheid beloop R50 per persoon en is by Sonja beskikbaar.

Sonja vertel dat daar ook kaartjies by die deur beskikbaar sal wees.

“Daar sal ook ‘n snoepwinkel wees waar verversings beskikbaar gestel sal word,” vertel Sonja.

Vir meer inligting of kaartjie besprekings, skakel gerus vir Sonja by 082 560 2062.

Related Articles

Back to top button