Local sportSport

Jannas Stoeiklub geniet groot aftrek

Jannas se nuutgestigte stoeiklub geniet groot aftrek van die gemeenskap en is reeds hard aan die oefen vir die opkomende stoeiliga.

Hoërskool Jan Viljoen het onglangs ‘n stoeiklub gestig en amptelik op 21 Januarie met oefening afgeskop.

Volgens die sekretaris van die klub, Fanie Schoonraad is daar al reeds 12 stoeiers uit die gemeenskap wat by die klub ingeskakel het.

Hy nooi ook alle belangstellendes in die gemeenskap om by die klub aan te sluit.

Fanie vertel verder dat die stoeiklub nie net vir leerlinge van Hoërskool Jan Viljoen is nie, en enige stoeiliefhebber in die gemeenskap is welkom om by die klub in te skakel.

“Ons het ‘n groot nood in die gemeenskap gesien en dadelik besluit om werk daarvan te maak.

“Ons is trots om te sê dat die stoeiklub al reeds in Oktober 2013 geopen is en met ons eerste oefening in Januarie vanjaar was ons baie opgewonde om soveel stoeiers by die klub te sien,” vertel Fanie.

Hy vertel verder dat die klub vanaf Hoërskool Jan Viljoen funksioneer, aangesien dié skool se binneshuise krieketnette in ‘n stoeiklub ontskep is.

Die stoeiers van die klub oefen elke Dinsdag en Donderdag om 6nm.

Vir enige navrae of meer inligting rondom die klub, skakel gerus die klubvoorsitter, Jannie du Preez, by 071 282 7207.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button