NewsSchools

RAM hou kleuterskool atletiek

Melktandjies Kleuterskool blink uit tydens Ramkriekies se kleuter atletiekbyeenkoms.

Laerskool Randfontein (Ram) het op 25 Januarie hul jaarlikse kleuter atletiekbyeenkoms aangebied en weer kleuterskole in die gemeenskap genooi om die geleentheid saam met hulle te kom geniet.

Die kleuterskole wat aan die sportdag deelgeneem het, het Melktandjies Kleuterskool, Little Snails Kleuterskool en Heidi en Peter Kleuterskool ingesluit.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Randfontein, Annie Nolan, was die dag ‘n reuse sukses en het die kleuters hulle gate-uit geniet.

Sy vertel verder dat elke kleuter baie goed gevaar het en beslis nog ‘n blink toekoms in skole atletiek het.

“Ons bedank ook elke kleuterskool vir hul deelname aan ons sportdag en wens elkeen van die kleuters geluk met hul prestasies,” vertel Annie.

Related Articles

Back to top button