Local newsNews

ATKV bied dramaskool aan

Aspirant dramaturgte in die gemeenskap kan weer uitsien na die ATKV se jaarlikse dramaskool.

Die ATKV bied van 13 tot 15 Maart ’n slypskool vir nuwe, jong en opkomende dramaturge aan.

Dit sal by die Shumba Valley Lodge naby Lanseria-lughawe plaasvind.

Vir drie dae lank sal daar aan dramatekse geskryf en geskaaf word.

Onderwerpe wat bespreek sal word sluit in tema, verhaallyn, karakterisering en toneelmatigheid.

Tydens praktiese werksessies sal kursusgangers nuwe tekste skep.

Koste beloop R950 per persoon en dit sluit die kursusmateriaal, middagetes en ligte verversings in.

Die kursusleier is Dr. Pierre-André Viviers.

Johann Smith en Tina Kruger sal saam met hom as fasiliteerders optree.

Schalk Schoombie, Prof. Marie-Heleen Coetzee en Christo Compion is die gassprekers wat lesings tydens die geleentheid sal aanbied.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 14 Februarie.

Diegene wat belangstel om die kursus by te woon word ook gevra om so gou moontlik te registreer, aangesien slegs 30 kursusgangers geakkommodeer kan word.

Vir meer inligting en om jou plek te bespreek, skakel vir Lizané Basson by 011 919 9078 of e-pos lizaneb@atkv.org.za.

Related Articles

Back to top button