Local sportSport

Rolbalklub gereed vir groot jaar

Die Randfontein Rolbalklub is weer vanjaar gereed vir groot dinge en sien uit na die jaar wat voorlê.

Die Randfontein Ringbalklub is alreeds volstoom besig met voorbereiding vir vanjaar se ringbalseisoen en sien baie uit na die jaar wat voorlê.

Volgens die nuwe president van die klub, Martiens Botha, hou die klub al reeds hul eerste rolbal-pretdag op 2 Februarie.

“Ons sien baie uit na dié pretdag en nooi die hele gemeenskap om saam met ons die geleentheid te kom geniet,” vertel Martiens.

Hy vertel dat die toegang tot die geleentheid R60 per persoon beloop en ‘n ete asook ‘n potjie rolbal insluit.

“Diegene wat nie rolbalballe het nie, kan gerus wees, want die klub sal balle aan eerste keer-spelers verskaf,” vertel Martiens.

Die pretdag sal om 11vm afskop.

Behalwe vir die pretdag wat op 2 Februarie plaasvind, neem Randfontein Rolbalklub op 1 Februarie aan hul eerste ligawedstyd deel.

Dié ligawedstryd sal op Randfontein se bane plaasvind en vorm deel van die Sables-distrik se jaarligse rolballiga.

“Ek glo dat dit met Randfontein se spelers sal goedgaan tydens die liga,” vertel Martiens.

Hy nooi ook enige aspirant-rolbalspelers in die gemeenskap om by die klub in te skakel.

Vir meer inligting rondom die pretdag en die rolbalklub, skakel gerus vir Martiens by 082 875 1398.

Related Articles

Back to top button