Local sportSport

Oud Randfonteiners maak mooi in Suid-Kaap

Twee oud Randfonteiners, Joe Rossouw en Gerald Glover, gebruik hul puik rugby kennis om Mosselbaai Rugbyklub weer te laat seëvier.

Twee oud Randfontein inwoners en bekendes in Rugby kringe aan die Wes-Rand, die Goue Leeus Rugby Unie sowel as Randfontein Rugbyklub, Gerald Glover en Joe Rossouw, het verlede jaar groot opskudding in klub rugby in die Suid Westelike Distrikte veroorsaak.

Albei van die groot rugby geeste was verlede jaar by die Mosselbaai Rugbyklub betrokke.

Joe was die hoofafrigter en Gerald die president en voorsitter.

Aan die einde van 2012 het die Mosselbaai Rugbyklub se eerste span in ‘n baie swak tweede laaste plek in hul liga geïndig en het baie naby aan ‘n uitspeel relegasie wedstryd gekom, waar die verloorder dan in die heel onderste liga in 2013 sou moes deelneem.

Dit het die bestuur van Mosselbaai toe genoop om dringend na hulself te laat kyk en iets daadwerkliks te doen om die situasie in 2013 te verander.

Mosselbaai het ‘n groot rugby tradisie en dis ongehoord dat hulle so sleg op klub vlak vertoon.

Dié klub het toe besluit om vir Gerald te nader, aangesien hy l jare se ondervinding in klubrugby, administrasie en afrigting het.

Gerald het toe die rol as president en voorsitter van die Mosselbaai Rugbyklub aangeneem. Dit was sy doel om verskeie strukture in plek te stel wat die bestuur van die klub op ‘n nuwe vlak geplaas het.

Daarna was die sy voorneme om ‘n bekwame afrigter te vind wat die speler korps na ‘n nuwe vlak in hul spel te neem.

Gerald het toe dadelik met Joe in kontak gekom, wat saam sy familie na die kaap wou verhuis en Joe het aan die einde van 2012 ingestem om as Hoofafrigter by Mosselbaai Rugbyklub oor te neem.

Met die twee manne van Randfontein in beheer, het daar ‘n groot uitdaging op hulle gewag.

Joe het baie oordeelkundig met die spelers begin werk en moes ook ‘n hegte band met elke speler vorm. Joe het dadelik begin om eksta aandag aan dissipline en fiksheid te skenk.

Na twee nederlae in die begin van hul nuwe seisoen, het Joe en Gerald meer tyd saam elke speler spandeer en kort daarna het Mosselbaai Rugbyklub ‘n wenkultuur aangeneem.

Aan die einde van hul 2013 seisoen, het Mosselbaai Rugbklub net twee wedstryde verloor en die res gewen.

Vir die eerste keer in jare kry Mosselbaai Rugbyklub dit reg om bo in ‘n gesamentlike Presidentklub liga te eindig. Daar het 24 spanne in dié liga meegeding.

Met hul puik resultate gedurende 2013, het dié klub ook die geleentheid gekry om vanjaar weer in die top Suid Westelike Distrikte liga te speel.

Jaarliks is daar ‘n groot sport prestasie dinee in George vir uitstaande prestaises vir sport as ‘n geheel. Dit is tydens die geleentheid waar Mosselbaai se eerste span as die Span van die jaar aangewys is. Dit sluit alle sportsoorte in die Suid-Kaap in.

Met dié puik prestasies, is dit duidelik dat die teenwoordigheid van twee gebore en getoëe Randfonteiners hul merk gemaak het in die Rugby anale van SWD en sien die Mosselbaai Rugbyklub uit daarna om te sien wat hulle gedurende 2014 gaan vermag.

Related Articles

Back to top button