Local newsNews

Maklike en oorspronklike idee vir ‘n geskenkverpakking

Maak van ‘n doodgewone 2-liter cokebottel ‘n oorspronklike geskenkverpakking.

Wil jy oorspronklik wees die feesseisoen en vir jou geliefde ‘n geskenk gee in ‘n besonderse verpakking?

Hier is ‘n stap vir stap ruglyn om van ‘n twee liter koeldrankbottel ‘n klein geskenkhouer te maak.

Die geskenkhouer kan vir baie ander doeleindes gebruik word.

Die eindproduk kan vir verskeie doeleindes gebruik word. Dit kan ‘n houer wees waarin jy klein artikels hou of as blompot en nog vele ander dinge tussen in.

Om dié geskenkhouer te maak gaan jy ‘n leë twee liter koeldrankbottel, ‘n skêr, houtlym/ Modge Podge, ‘n groterige kwas, ‘n servet met ‘n mooi ontwerp, ‘n maatband en ‘n glasklippie in bypassende kleur as die servet benodig.

Hier volg ‘n stap vir stap ruglyn om van jou koeldrankbottel ‘n geskenkverpakking te maak:

Stap 1: Knip die boonste derde van die twee liter bottel, net onder die riffie, af.

Stap 2: Neem die servet en vou dit oop, knip die servet dan in die heltfe deur.

Stap 3: Verf die bottel se onderste gedeelte, tot waar die gladde deel bo aan die bottel begin, met ‘n dun lagie houtlym/ Modge Podge. Die gladde deel bo aan die bottel word gebruik om die bottel te hanteer en word later afgesny.

Stap 4: Plak die servet van die boonste punt van die bottel af ondertoe reg rondom die bottel waar daar van die gom gesmeer is. Trek die servet baie liggies sodat dit die hele bottel bedek, en passop dat die servet nie skeur nie.

Stap 5: Druk die servet versigtig met jou vinger tussen die bottel se slootjies in. Knip die oorblywende punte wat bo aan die voorwerp gaan vorm af en gebruik die vlenters om gaatjies op die bodem toe te plak.

Stap 6: Druk weer die survet oral liggies vas om te verseker dat dit oral op die bottel vasgeplak is.

Stap 7: Verf weer ‘n dun lagie Modge Podge bo oor die servet wat nou op die bottel vasgeplak is. Hou die kwas effens plat vas en werk liggies, want die servet skeur maklik. Laat die bottel vir ‘n paar uur om goed droog te word.

Stap 8: Knip die rand van die bottel en die servet gelyk af, sodat die oppervlak bo gelyk en netjies is.

Stap 9: Meet van elk van die vyf punte, wat aan die bodem van die bottel sigbaar is, 8cm na die oop kant van die bottel en maak ‘n klein merk om dit aan te dui. Knip nou van die oop kant af presies in die middel van die vertikale lyne wat op die bottel sigbaar is tot by die merk wat jy vroeër gemaak het.

Stap 10: Knip ‘n ronding in elk van die gesnyde punte om dit ‘n mooi afwerking te gee. Vou al vuf die punte, een na die ander, toe en plak die glasklippie bo op die laaste punt om dit af te rond.

Related Articles

Back to top button