NewsSchools

Laerskool Randfontein gee om

"Dis ontstellend om te besef hoeveel mense in ons gemeenskap erenstig geraak word deur armoede."

Laerskool Randfontein glo dat liefdadigheid by die huis begin.

Chanel Rautenbach, ‘n verteenwoordiger van die skool se beheerliggaam en Natasha Hoeksema, ‘n onderwyseres by Ram, het besluit om die Ram Voedingskema en vakansieprojek van stapel te stuur om te verseker dat behoeftige leerlinge van Laerskool Randfontein ‘n feestelike feesseisoen kan

geniet.

“Dis ontstellend om te besef hoeveel mense in ons gemeenskap erenstig geraak word deur armoede,” vertel Chanel.

Chanal sê dat dit vir haar ‘n baie belangrike aangeleentheid is om na die belange van die behoeftige gesinne om te sien en dis ‘n saak wat haar baie na aan die hart lê.

Die projek het behels dat ouers en leerlinge nie-bederfbare kos moes skenk asook geskenke vir die leerlinge op die skema. Pryse is uitgegee aan die klas en leerlinge wat die meeste kos ingesamel het.

Daar is met groot ywer op 23 November reggestaan om al die kosse te verpak sodat die kospakkies op Maandag 25 November uitgedeel kon word.

“Maak nie saak hoe klein die skenking was nie, elke skenking was van groot waarde en word opreg waardeer. Hierdie leerlinge gaan voorwaar vanjaar ‘n lekker vakansie geniet,” vertel beide Chanel en Natasha.

“Baie dankie aan almal se betrokkenheid om van hierdie projek ‘n sukses te maak,” sê Natasha.

Die lede van die projek is so opgewonde oor die projek se sukses dat daar alreeds beplan word om dit ‘n jaarlikse instelling te maak. Die geskenke wat deur verskeie ouers en lede van die gemeenskap geskenk is gaan beslis ‘n impak op baie lewens maak.

Related Articles

Back to top button