NewsSchools

Jannas hou suksesvolle kunsuitstelling

Hoërskool Jan Viljoen se kunsleerlinge spog met hul top kunswerke tydens hul suksesvolle kunsuitstalling.

Hoërskool Jan Viljoen se Graad 11 Visuele Kuns-leerlinge het weer onglangs gewys tot wat hulle instaat is tydens hul jaarlikse kunsuitstalling.

Volgens die Visuele Kunsonderwyser van Hoërskool Jan Viljoen, Marthie van Deventer, is dit al ‘n instelling om elke jaar, tydens die lente, ‘n kunsuitstalling te hou wat in die skoolsaal van Hoërskool Jan Viljoen aangebied word.

“Die kunsuitstalling vorm deel van die kurrikulum om die leerlinge bloot te stel aan die organisasie van so ‘n geleentheid. Die leerlinge het dan ook die geleentheid om te kan spog met hul graad 10 en 11 kunswerke,” vertel Marthie.

Sy vertel verder dat die leerlinge kan self hul gaste nooi en dan word die leerlinge aangemoedig om oor hul werke te praat en die diepere betekenis daarvan aan die belangstellendes te verduidelik.

“Dit is verrassend om te sien hoe die leerlinge verbeter in hul tekenvaardighede asook die gebruik van verskillende tegnieke. Die passie wat dié groep leerlinge openbaar vir die visuele kunste is beslis aansteeklik,” vertel Marthie.

Na afloop van die geleentheid kon die gaste versversings in die kafeteria geniet en lekker saam kuier.

“Ek is baie trots op elkeen van die leerlinge en weet dat hulle tydens hul matriekjaar pragtige matriekuitslae huistoe sal bring. Ek is ook baie trots op die sukses wat die groep leerlinge tydens hul kunsuitstalling verseker het,” vertel Marthie.

Related Articles

Back to top button