NewsSchools

Laerskool Rapportryer spog met hul nuwe leiers

Die bestuur van Laerskool Rapportryer is trots op hul nuwe groep leiers wat die skool in 2014 lei.

Laerskool Rapportryer het op 4 Oktober die nuwe groep leiers vir 2014 aangekondig en sien werklik daarna uit om nog ‘n skooljaar saam so sterk groep leiers te begin.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, is daar tydens die verkiessing 34 leiers gekies. Ses van dié leiers is dan die skool se hoofleiers en sal hul medeleiers bystaan en help om die skool van krag tot krag voort te bou.

Die seuns wat deel vorm van die groep leiers is Victor Basson, Ben Calitz, Dylan Coetzer, Ernest da Silva, Dihan du Plooy, Divan Du Toit, Bradley Engelbrecht, Heinrich Gericke, Dewald Harmse, Arlindo Korb, Reyner La Grange, Luke Myburgh, Janco Olivier, Erik Potgieter, Christo van Emmenis en Ryan Willmer.

Maryke Biggs, Minette Biggs, Kayla du Buisson, Helga du Plessis, Monja Els, Amone Erasmus, Criske Hechter, Andrea Horn, Alicia Kotze, Sharne Landman, Goethe-Mare Olwagen, Chene Schneider, Nicole Stewart, Christe Steyn, Charvick van der Berg, Angelique van Niekerk, Janeske Venter en Erishe Visagie is die groep dogters wat deel van die leier-groep vorm.

“Die ses hoofleiers is op Dinsdag, 22 Oktober, tydens die leierinhuldiging se spog geleentheid aangewys. Divan du Toit is as hoofseun aangewys en Nicole Stewart sal die rol van hoofdogter volstaan.

“Heinrich Gericke en Reyner La Grange is die onderhoofseuns en Criske Hechter en Helga du Plessis die onderhoofdogters,” vertel Roleen.

Related Articles

Back to top button