Local newsNews

Wees deel van Reitte Rust se boekbekendstelling

Reitte Rust poog om tydens haar boekbekendstelling ‘n liefdevolle nasie op die been te bring.

“Is daar nog enigiets nuuts onder die son? Wat op aarde is daar wat ons nog nie weet nie? En hoekom nóg ’n boek skryf oor seks – kan mense nie net hulle probleme oplos deur te praat nie?”

“Dit is juis waarmee Riette Rust ons help – sy gee vir mense die lekkerste woorde om te gebruik wanneer hulle nodig het om te praat.”

Dit die woorde van programbibliotekaris by die Westonaria Biblioteek, Righardt le Roux.

Biblioteek en Inligtingsdienste vir Westonaria het eers ’n histeriese lagsessie beleef oor die taalgebruik in die boek.

Die vermaakwaarde daarvan is hoog en heerlik en dit is vir die organiseerders ‘n groot voorreg om die skrywer aan die gemeenskap bekend te stel.

Reitte Rust se boekbekendstelling sal op 26 Oktober om 12nm by Venterspos Laerskool plaasvind en Westonaria Biblioteek nooi die hele gemeenskap om deel van die geleentheid te wees.

“Die boek is op vroue bo die ouderdom van 40, wat in die seks-is-sonde-era grootgeword het, gemik,”sê Righard.

Daardie soort vroue wat nie veel gewoond is nie en in hul 40’s skielik die dam onder die eend uit wil ruk, maar nie heeltemal weet hoe nie.”

Reitte vertel dat haar wens vir dié boek is: “Dat elke Afrikanerman in die land dit onder hande kry, want die vet weet, dit is húlle wat die meeste nodig het om te leer hoe om gemaklik oor seks te praat.

“Vroue praat lankal daaroor, al is dit met meer of minder moeite.

“Dink net as elke man hierdie boek lees en die wenke beproef – wat ’n liefdevolle nasie sal ons nie wees nie.”

Westonaria Biblioteek wens die skrywer geluk.

“Die boek is ’n reis deur allerhande kleurryke landskappe wat in die regte hande dalk net ’n aardskudding kan oplewer,” vertel Righardt.

Vir enigeen wat graag die bekendstelling wil bywoon en ‘n boek wil aankoop, kontak gerus vir Righardt le Roux by 011 278 3044 of vir Mercia Kamoeti by 083 376 8099.

Neem vooraf kennis dat daar ‘n R50 deurfooi betaalbaar is en geen kinders jonger as 18-jaar word tydens die bekendstelling toegelaat nie.

Related Articles

Back to top button