Local newsNews

Westonaria Biblioteek herdenk die Anglo Boere-oorlog

Wees deel van die Vroue Landbou Unie, Westonaria tak en Westonaria Biblioteek se Anglo Boere-oorlog herdenking op 19 Oktober.

Die Vroue Landbou Unie (VLU), Westonaria tak in samewerking met Westonaria Hoof Biblioteek bied op Saterdag 19 Oktober ‘n funksie aan ter herdenking van Die Anglo Boere-oorlog.

Volgens die voorsitter van VLU Westonaria, Bea Greyling, sal die funksie om 11vm afskop. Toegang tot die geleentheid beloop R30 per persoon en sluit verversings in.

As deel van die vieringe, sal bekende skrywer, Karlien van der Merwe, haar boek ‘Lucas” tydens die geleentheid bekend stel.

Volgens die programbibliotekaris by Westonaria Biblioteek, Righardt le Roux, handel dié boek oor haar familie se ontberings tydens die Anglo Boere-oorlog.

“Behalwe vir Karlien se boekbekendstelling, sal Dr Ian Rape die gaste toespreek en inlig oor die Anglo Boere-oorlog.

“Dan gaan ons ook ingelig word deur die Genealogiese vereniging van Suid-Africa oor hoe om navorsing te doen oor jou stamboom,” vertel Righardt opgewonde.

Die VLU sowel as Westonaria Biblioteek nooi die gemeenskap om deel van die geleentheid te wees.

Vir meer inligting, skakel gerus vir Bea by 071 872 9517 of Westonaria Biblioteek by 011 278 3044.

Related Articles

Back to top button